" Janfiskaal " deur M.M. WALTERS [boodskap #86894] |
Fri, 07 November 2003 15:10 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
M.M. Walters
Janfiskaal
Die Janfiskaal se bors swel uit,
want al wat voël is, vrees.
Hoe heerlik tog wanneer jou buit
jou aansien vir hul Heer te wees.
Die pikswart stertjie wip, hy knip
sy wit minagting op die klip.
|
|
|
|
Re: " Janfiskaal " deur M.M. WALTERS [boodskap #138427 is 'n antwoord op boodskap #138426] |
Wed, 17 November 2021 12:32 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 527 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
'n Janfiskaal is 'n swart-en-wit voëltjie wat insekte en ander voëls verskeur en aan dorings en drade ophang. Daarom staan hy ook as die laksman ('n persoon wat mense ophang) bekend. In die ou tyd was 'n fiskaal 'n persoon wat belasting gevorder het. 'n Mens sou kon sê dat die voël 'n tol op die natuur eis.
Personifikasie: Sy bors swel van trots - sy manier van doen word met die van 'n mens gelykgestel.
Die "wit minagting" verwys na die voël se mis ('n blerts voëlmis is wit).
Hy is hoogmoedig (hy dink te veel van homself) want hy dink dat die ander voëls bang is vir hom, en hy tjorts met "minagting" op die klip.
|
|
|